Past, Charles George, Andrew Kiewiet en Delicia

‘n Oupa (92) van Delft wat onlangs ‘n rekenaarkursus afgelê het, bewys enigeen kan sy omstandighede klop. Dit is die boodskap wat Zoë Church Academy of Skills in Delft wil uitbasuin.
Die stigter, past. Charles George, en sy vrou, Delicia, het ‘n bouval ‘n jaar gelede in dié akademie omskep. “Baie van Delft se jong mense voltooi hoërskool, maar daarna vorder hulle nie. Só, ons sit met educated gangster. Ons wil Delft se voorkoms verander, sy strate skoonmaak,” sê George.
Verlede jaar het die sentrum 54 permanente jobs geskep en vanjaar word 80 leerders van learnership bestuurders vir die Edcon-groep. Die akademie het ‘n call centre en bied talle kursusse aan, waarvan catering binnekort ook een sal wees.
Zoë se eerste verjaardag het met vanjaar se tweede gradeplegtigheid saamgeval. Andrew Kiewiet, wat ‘n computer literacy-program afgelê het, is staande toegejuig.
Kiewiet sê: “Ek het geskiedenis gemaak! Ek wou altyd eendag my kinders self e-mail.” Hy het eers ‘n bietjie gesukkel om die muis stil te hou, maar het gou reggekom. “Daar is so baie wat ek nog wil doe – ek kan net nie stilsit nie. Next up is ‘n Xhosa-kursus. “Jong mense, dóén iets met jou lewe!” moedig dié bedrywige oupa aan.
Bhyta Mwanza, sy onnie, sê: “Pa Andrew het selfs die ander studente uitgeskel wanneer hulle nie klas toe kom nie.”
Die Zoë-kerk en Matie-studente help een keer per maand uit die daghospitaal in Delft. Die kerk bedryf ook Grace’s Feeding Scheme, wat jaarliks 1.2 miljoen maaltye uitdeel. Elke lid van die gemeenskap kon ‘n bord kos by die viering geniet.
George sê: “Dis ‘n fantastiese dag. Dit wys net, as die sentrum in Delft kan werk, kan dit elders werk.